ELIZABETH MARIA
Ek het jou lief, my
Lelieblom so skoon,
In welke diepe kroon
Zoem in jou kelk die by
Aan nektarsap die soetheid van
Beloning daar te kry.
En soet die laggies wat vol
Teerheid oor jou lippies rol!
Heerlik soete laggie bly.
Maar mooier nog en skoner die
Aanvalligheid van jou oë en die
Rooie soetheid van jou mondjie
In die sagte ronde gesiggie
Aan jou skenk ek liefde, Lieffie!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 21 November 1947